Skriflesing (Filippense 1:3-11)
3Ek dank my God elke keer wanneer ek aan julle dink. 4Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap 5oor julle deelname aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou, 6juis hiervan oortuig dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van Christus Jesus. 7Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou. Wat my gevangenskap, sowel as die verdediging en bevestiging van die evangelie betref, deel julle almal saam met my in die genade. 8Want God is my getuie hoe ek met die innigheid van Christus Jesus intens na julle almal verlang. 9Ek bid juis dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in kennis en insig, 10om die dinge wat saak maak, te kan onderskei, sodat julle, met die oog op die dag van Christus, innerlik suiwer en onberispelik kan wees, 11gevul met die vrug van geregtigheid deur Jesus Christus tot verheerliking en lof van God.
Preek
Paulus begin sy brief met die woorde “Ek dank my God elke keer wanneer ek aan julle dink”. Paulus bring dadelik ‘n tema van dankbaarheid in sy skrywe. Hoekom is Paulus so dankbaar? Dis kerk in Filippi is die eerste gemeenskap van gelowiges wat Paulus in Oos Europa gestig het. Ons lees ook daarvan in Handelike 16. Filippi was ‘n Roomse kolonie in Antieke Masedonië. Die inwoners was afgtrede soldate en was baie bekend vir die patriotiese nasionalisme wat daar teenwoordig was. So, natuurlik, het Paulus heelwat teenstand beleef toe hy Christus as die ware koning van die wêreld daar begin verkondig het. Dit het dan as verraad voorgekom! So nadat Paulus weggegaan het, het volgelinge van Christus natuurlik konstant vervolging ervaar en gesukkel om gemaklik aan te gaan met hulle lewens. Maar hulle het steeds ‘n goeie gemeenskap gebly wat aangehou het om Christus se leiding te volg.
Nou, arme ou Paulus was bekend vir, onder andere, een ding: Hy was basies konstant in die tronk gewees. So dis glad nie verbasend dat hy hierdie brief aan die inwoners van Filippi skryf terwyl hy alweer in die tronk was nie. Wat ook interessant is, is dat die mense in Filippi ‘n geskenk van geld vir hom gestuur het saam met Epafroditus terwyl hy in die tronk was. So Paulus stuur hierdie brief weer terug saam met Epafroditus terwyl hy oppad terug is.
SLIDE Vanoggend se teks is ‘n gebed van dankbaarheid. Paulus dank die Filippense vir hulle vrygewigheid en getrouheid, en hy skryf ook dat hy oortuig is dat die lewegewende werk van God wat klaar in hulle begin het, sal aanhou om selfs nog groter en beter uitdrukkings van geloof te word.
Vir ‘n brief uit die tronk is hier is ‘n merkwaardige klem op dankbaarheid, spesifiek wanneer Paulus aan die gemeente in Filippi dink.
In die 2020-vertaling is die opskrif by ons teks “Dankgebed”, in die 1983-vertaling is dit “Danksegging en gebed vir die gemeente” en in die New International Version (NIV) “Thanksgiving and Prayer”.
Paulus deel met die gemeente wat met hom gebeur wanneer hy aan hulle dink. Hy beklemtoon dat dit “elke keer” gebeur. Paulus dank God vir hulle.
In vers 4 gaan hy voort met beklemtoning wanneer hy op sy gebedsreaksie uitbrei. Elke gebed vir hulle het altyd spesifieke eienskappe.
Eerstens bid hy met blydskap oor wat hierdie gelowiges vir sy bediening in God se diens beteken het. Hulle het van die begin af (die eerste dag) tot op hede (nou, vandag) deelgeneem of saamgewerk aan die evangelie. Hulle is sy deelgenote.
Paulus se briewe is altyd baie interessant om te lees. Die inleiding daarvan, wat verse 1 en 2 is, volg gewoonlik die tipiese Hellenistiese patroon van die tyd. In ander woorde, in die antieke Griekse wêreld was daar ‘n baie spesifieke patroon wat gevolg word wanneer iemand ‘n brief aan iemand ander skryf. Dit begin met die skrywer se naam, die naam van die persoon of persone aan wie geskryf word, en dan die groet. Dis eintlik nogal soortgelyk aan hoe ons vandag ‘n brief, whatsapp of epos aan iemand sou skryf. Dit bevat natuurlik ook hierdie basiese drie elemente van twee name en ‘n groet, maar soms net in ‘n ander volgorde. So hoekom is dit belangrik? Hoekom moet ons weet van hierdie styl van skryf en aan wie dit geskryf is?
Dit is baie belangrik om die literêre vorm van enige skrifgedeelte wat ons lees te identifiseer. Ons moet weet dat Paulus hier kies om sy idees spesifiek in ‘n brief formaat te skryf omdat hy dit skryf vir ‘n beperkte, spesifieke gemeenskap; dis nou die inwoners van Filippi, en dat hy die mense vir wie hy skryf persoonlik geken het. Hy het geweet dat sy vriende baie spesifieke probleme ervaar het binne hulle unieke omstandighede. Paulus skryf nie net vir hulle omdat hy hulle ken nie, maar hy het ook besef dat hy self as ‘n apostel, oftewel ‘n verspreider van Christus se goeie nuus, ‘n sekere outoriteit gehad het waarmee hy geskryf het. Dit is meer ‘n preek wat hy geskryf het en gestuur het. Daarom is dit ook nie verbasend dat die briewe wat hy geskryf het bedoel was om hardop in die openbaar gelees te word nie.
Nou, Paulus het altyd vreeslik baie aandag gegee aan hoe hy geskryf het, veral in Galasiërs en Romeine. Maar Filippense is bietjie van ‘n uitsondering. Dit is natuurlik goed deurdenk, maar dit is nie so formeel en versigtig geskryf soos sommige van sy ander briewe nie. Maar, hy het wel die tipiese styl van ‘n brief in die antieke tyd gevolg. Dit word die 5-deel epistimologiese struktuur genoem, waar deel 1 die groet is, 2 die vermaning, 3 die narratief, 4 die spesifieke versoek, en 5 die gevolgtrekking. So hierdie briewe van Paulus is nie net ‘n gerammel van ‘n arme ou man wat verveeld in die tronk sit met niks om te doen wat dan ewe skielik besluit “hm, miskien moet ek tog maar vir hierdie mense ‘n brief skryf” nie. Nee, alhoewel Filippense minder formeel as sommige van sy ander briewe is, is daar nogsteeds ‘n baie doelbewuste struktuur en vorm wat dit volg. Paulus doen moeite. Hy sit ekstra energie in om juis vir die inwoners van Filippi te sê hoe dankbaar en bly hy is elke keer wanneer hy van hulle hoor (vers 3 en 4).
Paulus maak dit baie persoonlik. Daar is ongelukkig soveel nuanse wat verlore gaan wanneer mens hierdie tekste vertaal. Spesifiek in vers 3 gebruik hy die eerstepersoon, datief (beskryf die ontvanger van ‘n aksie), enkelfoud om na God te verwys. Dis net in Romeine 1:8, 1 Korintiërs 1:4 en Filemon 4 waar hierdie persoonlike en intieme woordsoort gebruik word. Hy dank sy God. Paulus staan alleen voor God in sy gebede en is diep dankbaar. Paulus en Timotius was dan basies saam in hierdie hele “apostel wees” ding, maar hier in vers 3 is dit oënskynlik weg, net om weer in hoofstuk 2 na vore te kom. Paulus is diep en inniglik dankbaar vir die gemeente in Filippi. Dis nie ‘n gemeenskaps gebed aan Filippi wat Paulus hier skryf nie, nee. Dis sy persoonlike gebed wat sy persoonlike gedagtes van dankbaarheid aan hulle uitdruk.
Vers 4 is weereens een van die dele waar sommige dinge verlore gaan in ‘n vertaling. “Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap”. Nou, Paulus het nooit toegelaat dat die klanke van hoe mens ‘n brief uitlees mense sou aflei van die eintlike boodskap van wat hy skryf nie, maar hier is dit anders. Gedigte en poësie was natuurlik ‘n groot kunsvorm in die antieke tye, net soos wat dit vandag ook is. En Paulus het daarvan geweet. So, hier, in vers vier, in daar vreeslik baie alliterasie wat voorkom. Die Griekse woorde wat hy gebruik is pasé, pantote, pase, pantoon. Hy bring bietjie kuns in sy skrywe.
Paulus het natuurlik nie altyd so optimisties oor hierdie kerk gevoel nie. Aan die begin van sy bediening daar, het Paulus groot teenkanting teen die bou van Nuwe-Testamentiese kerk in die gesig gestaar. Paulus het geweldige geleenthede in hierdie stad gesien, Hierdie kerk kon ook as ‘n gemeenskap van vreugde gesien word, want die tema van vreugde word baie diep binne Fillipense verweef. As jy Filippense op CD sit, sal vreugde op die skerm verskyn. Hierdie kerk was vol vreugde, en dit het vreugde en dankbaarheid in Paulus se hart gebring soos geen ander kerk nie.
Maar dit was nie oral so nie. Nie elke kerk het vreugde en dankbaarheid in Paulus se hart gebring nie. Die kerk in Korinte was ‘n verdeelde kerk, ‘n gebroke gemeenskap van vegtende faksies wat baklei en gesukkel het en mekaar gedagvaar het; Hulle was besig om baie vinnig agteruit te beweeg as gevolg van hulle misbruik van die nagmaal. Die kerk in Galasië was ‘n misleide kerk. Hulle het God se genade mis gekyk en begin glo dat menslike wette uitsluitlik vir hulle verlossing sal bring. Maar die gemeente in Filippi was ‘n heerlike kerk; ‘n kerk vol vreugde, gelukkig in die wyse van Christus.
Korinte het Paulus ontmoedig, Galasië het Paulus terneergedruk, maar die Filippense het Paulus verheug. Korinte het hom seergemaak, Galasië het hom verhinder, maar die Filippense het hom bemoedig.
Paulus se geheue gaan al die pad terug na “die eerste dag”. (v.5) Vir Paulus en die Filippense kerk was dit “liefde met die eerste oogopslag.” Van die eerste dag wat hulle ontmoet het, was hulle vir hom, en hy was vir hulle.
“Ek dank my God elke keer wanneer ek aan julle dink.” (v.3) Dit was nie die plek van die kerk nie, ook nie die besittings van die kerk nie, maar die mense van die kerk waarvoor Paulus dankbaar was. Elke keer as hy aan hulle gedink het, was al wat hy kon doen, sing: “Wat ‘n gemeenskap, wat ‘n goddelike vreugde.”
Toe daardie kosbare mense in gedagte kom, het ‘n gesindheid van dankbaarheid in sy hart begin vlam vat; nie ‘n gesindheid van gemor nie, nie ‘n gesindheid van hartseer nie, net dankbaarheid.
Filippi was ‘n volkskerk. Dit was die mense wat die kerk gemaak het, en nie die kerk die mense nie. In ‘n orkes is al die instrumente op ‘n stemvurk gestem volgens ‘n baie spesifieke frekwensie. Gewoonlik is hierdie frekwensie 440 Hz. Wanneer daardie instrumente op dieselfde noot gestem is, sal hulle almal in harmonie wees. Wanneer jou hart ingestel is op die Gees van God, sal daar ‘n harmonie wees wat net die Gees van God kan voortbring.
Dink bietjie self. Wie se gesig verskyn as jy dink aan hierdie diepe dankbaarheid waarvan ons vanoggend gelees het? Is dit die ouers en grootouers wat vir jou jou geloof geleer het, deur hulle dade en woorde? Is dit dalk jou baas wat iets in jou gesien het en ‘n nuwe hoofstuk vir jou oopgemaak het deur vir jou die werk te gee? Wat van die onderwyser wat ‘n diepe impak in jou siel gehad het? Of die vriend wat jou aanvaar het net soos jy is, wat jou vrygemaak het om op nuwe maniere te groei? Is hierdie mense nogsteeds in jou lewe, of verlang jy na hulle?
Paulus het geskryf dat hy verlang het om die mense in Filippi te sien wat hom so baie gegee het. Vandag daar is mense wat ons ook verlang om te sien. Sommige sal tuis wees hierdie vakansie seisoen wat weer oor 4 weke begin, en ander miskien eers volgende jaar, of dalk oor ‘n paar maande. Met elke jaar wat verbygaan, voeg ons meer mense by die byeenkoms in ons gedagtes.
Ons eie bestaan as gemeente is die werk van God. Ons is deur God die Vader in Jesus Christus deur die werk van die Heilige Gees geskep. Uit God leef en beweeg ons, ook as gemeente.
Daarom moet ons met diepe verwondering en dankbaarheid oor onsself dink.
Ons het die voorreg om medewerkers aan se evangelie te wees. Ons is saam met ander die draers van die evangelie, geroep om dit te verkondig en uit te leef. Geroep om ander te ondersteun om dieselfde te doen.
Ons word ook vermaan om uit God se genade te leef. Paulus waarsku teen interne struweling, maar ook teen die optrede van dwaalleraars in die gemeente.
Johannes Calvyn, die Hervormer van Genève, het van praxis pietatis gepraat. Dit beteken: die praktyk van die geloof. Geloof moet prakties gemaak word. Paulus sê vir die Filippense hulle moet hulle geloof prakties maak “deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe”.
Die gemeente het een doel: diens aan God en die naaste, om so die evangelie van God uit te dra, in liefde en waarheid.
Daarom is dit belangrik dat hulle in liefde moet toeneem in kennis en insig, sodat hulle kan onderskei waarop dit neerkom.
Ek sluit af: As jy ‘n Harry Potter-aanhanger, soos ek is, weet jy dat sy ouers gesterf het toe hy ‘n baba was, maar voel baie teenwoordig vir hom reg deur die reeks. Die kern van die reeks is Harry se stryd om Voldemort, wat die magte van die bose in die wêreld verteenwoordig, te verslaan. In die vierde boek, ontwerp Voldemort dit sodat Harry in ‘n begraafplaas verskyn om met hom te veg. Dit is ‘n literêre toestel wat ons toelaat om ‘n ander dimensie te sien van hoe dinge gebeur.
In hierdie geveg in die begraafplaas verbind Harry se towerstaf en Voldemort se towerstaf. Die twee towerstafe is aan mekaar gekoppel, spin ‘n goue koord tussen hulle, en uit Voldemort se towerstaf kom die mense wat hy doodgemaak het. Hulle kom na vore as skaduagtige figure – soos ‘n eggo van hul vorige, lewende self. Eers kom ‘n seun wat saam met Harry skoolgegaan het, en dan kom ‘n paar ander mense wat deur Voldemort vermoor is na vore. Elke eggo-y, skadu-agtige figuur sê iets bemoedigend vir Harry. “Hou vas, Harry.” “Hou aan.”
Terwyl hy sukkel om vas te hou, weet hy wie volgende kom.
Uiteindelik kom sy ouers na vore – sy pa en sy ma. Hulle sê vir hom om vas te hou, en gee hom dan ‘n raad wat hom toelaat om te ontsnap. Maar wanneer hy hulle die nodigste het, is hulle by hom teenwoordig. Ek kan net dink watter emosies van dankbaarheid toe moes opgekom het. Die mense wat ons liefhet en mis, sirkel op dieselfde manier om ons. Hulle verskyn in ons gedagtes en ons dra hulle in ons harte.
Mag ons God se groot liefde vir ons onthou. Mag ons genoeg spoed vertraag om God se teenwoordigheid by ons te ken, in hierdie seisoen. Mag ons begaafd word om te wag, met die wete dat God weer in die wêreld kom, en ons wil gereed wees. En mag ons elke dag dankbaar wees, net soos wat Paulus dankbaar was.
Amen.